As jy kaalvoet in die winkels loop.

As jy kaalvoet in die winkels loop, dink my Amerikaanse tannie, jy is haweloos.

Liewe Lesers Kaalvoet loop is lekker! Kaalvoet loop is lekker, want dis gesond en ek verkies dit bo skoene dra. Aarding, die eenvoudige taak van kaalvoet stap, word menigmaal oor die hoof gesien deur ons mensdom, omdat skoen dra sosiaal meer aanvaarbaar is.

Dr Jonathan Kaplan, ‘n Suid Afrikaanse ortopeed en skywer sê, ”om kaalvoet te loop gee mens sterker beenspiere wat die lae rug ondersteun. Kaalvoet loop versterk ook jou balans en liggaamsbewustheid, wat ook kan help met pynverligting”. Met ons moderne leefstyl verloor ons die verbinding met Moeder Aarde, wat soveel voordele inhou.

Skoene laat mens se voete sweet wat ongemaklik is. Daarom sal ek kaalvoet loop, so lank as wat ek kan!

By Nua (7 years old)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *