5+2 Ministries

Die naam 5+2 bediening verwys na die verhaal van die 5 brode en 2 vissies

Die naam 5+2 bediening verwys na die verhaal van die 5 brode en 2 vissies: Ons gee wat ons het en God vermeerder met duisende en dit is presies wat God die afgelope 15 jaar gedoen het en steeds doen. In April 2021 sal dit 15 jaar wees wat hierdie bediening in Hartbeespoort bestaan.

ZOÉ HUIS

Ons het Zoé Huis in Mei 2017 begin. Die visie vir die huis was aanvanklik om vir tienermeisies ‘n gratis alternatief teen aborsie te bied. Binne die eerste jaar het verskeie kerke, maatskaplike werkers hulp gevra vir meisies, vroue en kinders wat uit gesinsgeweld kom. In die huis was die afgelope twee jaar gereeld 16-17 vroue en kinders gehuisves. Ons het die wonderlikste getuienisse van vrouens en kinders wie se lewens totaal verander het nadat hulle die onvoorwaardelike liefde van God ervaar het.

VROUEBEMAGTIGING

 Vier van ons dames in Zoé Huis het werk gekry en drie van hulle het elkeen hulle eie verblyf. Ons is besig om hulle te help om op die been te kom met basiese benodighede soos ‘n yskas, wasmasjien, beddens ens. Ons het verlede jaar ons jaarlikse vroueopheffingsdag by Pretville gehou. Die Gospel sanger, Dewald Gouws, het die vroue bedien. Twintig vroue het hulle lewens vir die Here gegee. Hierdie is ‘n jaarlikse geleentheid waar ons vrouens wat swaarkry, geestelik bedien en ook bederf met ‘n toiletware en heerlike eetgoed.

KOSVERSPREIDING

Kos en noodsaaklike benodighede word geskenk deur verskeie winkels/borge wat dan soos nodig versprei word aan minder-bevoorregte gesinne. Ons help ook met medisyne, basiese behoeftes soos toiletpapier, ontbytpap vir kinders en basiese benodighede vir jong meisies. Babamelk en doeke bly ook ‘n deurlopende behoefte.

JEUGOPHEFFING

 Een van ons groot doelwitte is om kinders te help om skool suksesvol te voltooi en jongmense die kans te gee om verder te studeer en generasies van armoede te stop. Huidiglik het ons ‘n pligsgetroue student wat besig is met haar derde jaar BSc wiskunde en statistiek kwalifikasie by UJ. Sy is ongelooflik hartwerkend. Gedurende haar vakansies help sy ons by die naskool en waar ons haar ookal nodig het. Ons het 3 meisies wat besig is om voor te berei vir leerlinglisensies en moet begin met bestuurslesse. Ons glo dat lisensies kragtige hulpmiddels is vir die toekoms. Twee van ons jong dames het hulle ‘gap-jaar’ suksesvol voltooi by TargetLife. Een van die dames wil graag na ‘n Bybelskool toe gaan.

VISIE VIR 2021

Ons wil graag die huis waarin ons tans die vroue huisves koop. Ons droom is dat Zoé Huis vir altyd ‘n ligtoring in Hartbeespoort sal wees waar ons meisies/vroue en kinders in krisissituasies kan huisves. Hier sal hulle leer van ‘n liefdevolle Hemelse Vader wat nuwe hoop gee.

INDIEN JY GRAAG ‘N BYDRAE WIL LEWER:

Vir kos en klere, kontak Pauli Koch by 0825783954

Finansieële bydrae:

Five Plus Two Ministries

Standard Bank

Account number: 41 003 6471

Branch Code: 01 34 45

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *