Solidariteit Helpende Hand

Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap.  Ons leef binne ’n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef.  Solidariteit Helpende hand is geskoei op die beginsels van die 1949 Afrikaner Helpmerkaarbeweging waar die fokus val op help, saam en ons.  Jy is nie alleen nie, maar deel van ‘n gemeenskap.  Om ’n gemeenskap te ontwikkel en die uitdagings van die dag aan te spreek moet ’n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.

Wie is Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand is  ’n nie-winsgewende organisasie en een van die 14 instellings wat deelvorm van die groter Solidariteit beweging.   Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling.  Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou.  Ons dink verbondsmatig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. 

Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap.  Ons leef binne ’n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef.  Solidariteit Helpende hand is geskoei op die beginsels van die 1949 Afrikaner Helpmerkaarbeweging waar die fokus val op help, saam en ons.  Jy is nie alleen nie, maar deel van ‘n gemeenskap.  Om ’n gemeenskap te ontwikkel en die uitdagings van die dag aan te spreek moet ’n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.

Solidariteit Helpend Hand is die Maatskaplike been van die beweging en fokus daarop om maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling in gemeenskappe te bevorder deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbron-ontginning, sodat die mens deur sy gemeenskap tot ’n ontwikkelde, selfstandige, selfverantwoordelike en optimale funksionerende persoon gedryf word, wat gesonde, funksionerende gemeenskappe tot gevolg het. Die uitkoms moet ʼn toekoms wees waarin mense vry, veilig en voorspoedig kan leef.

Solidariteit Helpende Hand fokus hoofsaaklik op die mees kwesbare groepe in ons gemeenskappe wat bestaan uit kinders, bejaardes, gestremdes en hulle gesinne. 

Hoe lyk Solidariteit Helpende Hand se volhoubare strukture?

Die Solidariteit Helpende Hand is verdeel in 12 streke waarvan Solidariteit Helpend Hand Platinum Streek die volgende dorpe insluit: Magaliesburg, Skeerpoort/Hekpoort, Hartbeespoortdam, Brits, Mooi Nooi en Rustenburg.  Elkeen van hierdie streke het streek personeel wat bestaan uit Maatskaplike werker/s, Streekorganiseerder/s en Administratiewe beampte/s wat woonagtig is binne hierdie streek en help om ondersteuning te bied vir die gemeenskappe gegrond op Solidariteit Helpende Hand se Missie en Visie. 

Binne elke streek is daar verskillende vrywilligers wat saam met die streek personeel werk om volhoubare projekte uit te rol binne hulle gemeenskappe.  Hierdie vrywilligers word Solidariteit Helpende Hand Taklede genoem en het ‘n omgee hart vir hulle gemeenskap.  Nasionaal is daar ongeveer 220 takke wat elke jaar wonderlike projekte hardloop om hulle gemeenskappe te bou.   Binne die Platinum streek het ons 5 takke wat uit verskeie hoeveelheid lede bestaan.  Hierdie takke is gevestig in Magaliesburg, Hartbeespoortdam, Brits, Broederstroom en Rustenburg wat saam met ons binne die gemeenskap beweeg. 

Nog ‘n volhoubare struktuur wat Solidariteit vestig in gemeenskappe is die ONS WINKELS.  Die ons winkel verkoop tweedehandse goedere, van ‘n tee koppie tot leer banke teen ‘n baie bekostigbare prys.  Wanneer jy goedere aan die Ons Winkels skenk help jy om jou gemeenskap te bou:

‘n Ons Winkel dra by tot:

  1. Werkskepping
  2. Die geleentheid vir enige persoon om met waardigheid te kan koop
  3. Help gesinne in nood wat deur die Maatskaplike werker verwys word.  Hierdie nood toestande kan wees van gesinne waar ‘n huis afgebrand het, skielike afdanking by ‘n werk of hulself in ‘n maatskaplike krisis bevind.
  4. Die Ons Winkels dra ook by tot gemeenskap studiefondse (Rentevrye studielenings waarvoor kinders binne ons gemeenskappe kan aansoek doen om te kan studeer).  Binne die platinum streek dra die ONS WINKELS hierdie jaar by om 20 kinders te kan ondersteun met rentevrye studielenings binne ons streek.
  5. Die Ons Winkels dra ook by tot Nasionale/Streek en Tak projekte wat binne die Platinum streek hardloop om die gemeenskap te dien.

Daar is tans 4 Ons Winkels in die Platinum-streek (Hartbeespoort, Damdoryn, Brits, Rustenburg).

Maak ‘n skenking aan die ONS WINKELS van enige goedere wat jy nie meer gebruik in jou huis nie.  Groot skenkings kan afgehaal word by persone se huise.  Kom koop gerus en kry ‘n winskopie by ons Winkel en dra so by om ‘n verskil te maak in jou eie gemeenskap.  Raak meer betrokke by jou Ons Winkel in die gemeenskap en maak kontak met die eienaars:

Ons Winkel Hartbeespoort en Damdoryn – Janet 061 945 1917,

Ons Winkel Brits, Peet 082 753 5422

Ons Winkel Rustenburg – Johan 083 672 0449). 

Ons Gemeenskap herstelplan het verder ten doel om gemeenskapskrag te ontgin. Hierdie krag lê in elke persoon se menslike potensiaal en godgegewe talente en gawes wat verder ontgin en ontsluit moet word. Volhoubare gemeenskapsontwikkeling kan slegs materialiseer indien die gemeenskappe volle vennote en drywers van die ontwikkelings prosesse word en nie blote ontvangers of deelnemers bly nie. Die krag van die gemeenskap lê daarin dat gemeenskappe hul beskikbare hulpbronne mobiliseer en gemeenskapslede die onderskeie uitdagings uit hul eie wilsbeweging aanpak. Die krag van die gemeenskap word gesien in opstaan, saamstaan en saamwerk.

Elkeen van ons is ‘n ambassadeur van verandering en speel ‘n integrale rol om ons eie gemeenskappe te laat floreer. Dan vorm ons ‘n gemeenskap wat met hart, in krag saamstaan om hoop uit te dra. Daarom glo ons in die krag van die gemeenskap: uit die gemeenskap, deur die gemeenskap en vir die gemeenskap.

Vir meer inligting oor spesifieke projekte wat in jou gemeenskap plaasvind of hoe jy kan betrokke raak of deel vorm van ‘n Tak, maak gerus kontak met die streek personeel:

Solidariteit Helpende Hand Maatskaplike Werker: Nadia van der Merwe – 083 613 1238

Solidariteit Helpende Hand Streek Organiseerder: Desiree Oosthuyzen – 081 074 6928 (Whats app)/078 365 8777 (Bel).

Voorsitter Solidariteit Helpende Hand – Hartbeespoortdam Tak: Surita De Gouveia – 079 834 9981

Voorsitter Solidariteit Helpende Hand – Broederstroom Tak: Jacolene van Tonder063 256 8584

Besoek ook ons facebook bladsy by : Solidariteit Helpende Hand Platinum streek of www.platinumhand.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *