{"id":3425,"date":"2022-04-15T05:15:16","date_gmt":"2022-04-15T03:15:16","guid":{"rendered":"http:\/\/www.thelife.digital\/tl\/?p=3425"},"modified":"2022-04-15T05:22:14","modified_gmt":"2022-04-15T03:22:14","slug":"liefde-die-halwe-waarheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/articles\/liefde-die-halwe-waarheid\/","title":{"rendered":"Liefde: Die halwe waarheid"},"content":{"rendered":"\n<p>Die milieu waarin die mensdom hom bevind, is versmored, en dis normaal. Mense maak konneksies op aanlyn platforms, sonder om \u2018n werklike aangesig-tot-aangesig-gesprek met mekaar te voer-en ja- nie net is dit aanvaarbaar nie, dit word aangemoedig\u2026<\/p>\n\n\n\n<p><em>Potte en visse<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die Covid-19 pandemie het die baan geweg vir halfversteekte waarhede in gesprekke op kletskamers, konneksies via sosiale media profiele en virtuele afsprake, om bekende klinkslae soos \u201celke pot kry sy deksel\u201d en \u201cdaar\u2019s baie visse in die see\u201d in werkende funksies te omskep. Met huidige omstandighede in gedagte, word baie aspekte van hierdie voorafbenoemde klinkslae bevraagteken. Wat as jou deksel in \u2018n ander laai l\u00ea? En wat van die varswaterbronvisse? Is hulle \u00f3\u00f3k veeltallig? Een s\u00f3 \u2018n pot\/vis wie se pasmaat in \u2018n ander laai\/poel beland het, is Corlien Venter, \u2018n student aan die Universiteit van Pretoria. D\u00ede student skryf op Netwerk24 oor die impak van Covid en tegnologiese hulpmiddels op haar langafstandverhouding: \u201cOns is inniglik dankbaar vir video call en ek sien hom sowat een keer elke maand\u2026 Ek sou byvoeg dat vertroue oor \u2018n afstand, nie kan bestaan nie\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vraag onstaan dus: Hoe word hierdie tipe vertroue gekweek in die modern tye? <em>Tussen jou en my, l\u00ea daar \u2018n skerm\u2026<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Almal soek \u2018n vrou<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Sommige meen dat liefde die nuwe RSG is; sonder grense. Dit kan enige inperking, geslote grens of isolasie-situasie oorkom. Ander stel onomwonde dat liefde \u2018n pandemie op syself geword het, waar \u201cteenliggampies\u201d nodig is om \u2018n immuunrespons te aktiveer om die \u201cvirus\u201d, oftewel, \u2018n gebroke hart, in sy spore te stop. Marciel Hopkins, aanbieder van die immergewilde realiteitsprogram, <em>Boer soek \u2018n Vrou<\/em>, is een van d\u00ede wat graag saam met die Beatles uit volle bors sing:\u201dAll you need is love!\u201d. Sy glo dat \u201cindien jy ernstig is oor die liefde, jy enige uitdagings sal oorkom om iemand werklik te leer ken\u201d. Dit beteken soms dat \u2018n mens vol bravade jou masker moet afhaal, jouself totaal ontbloot vir iemand anders met die kans op liefde en uiteindelike geluk.<\/p>\n\n\n\n<p>Die harde waarheid word binne hierdie stelling ontbloot; dat \u2018n gebroke hart en die lesse wat daarmee saamgaan, soms nodig is en deelvorm van elke individu se lewenswandeling. Realiteitsprogramme soos die einste <em>Boer soek \u2018n vrou<\/em>, en die nuwe <em>Op my Eish<\/em>, maak jaarliks hul verskyning om aan kykers, manlike en vrolik, jonk en oud, die vrymoedigheid te gee om, ten spyte van die w\u00eareld se omstandighede, te vertrou op daardie magiese element waaroor al die liedjies en gedigte gaan.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Ledigheid en gerieflikheid<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Daar is \u2018n s\u00ea-ding wat lui: Ledigeheid is die kussing waar die duiwel wag. So kan daar ook geargumenteer word, dat gerief en gemak dalk di\u00e9 generasie se <em>Achilles heel<\/em> is. Van toeps en sosiale media, kan daar nie geskram word nie. Dit bied innoverende maniere om visse en deksels buite jou speelterrein te ontmoet. Die langdurigheid van die konneksies wat gevorm word, is egter onomwonde afhanklik van die moeite en wilskrag van elke individu. Behalwe vir allerdaagse wenke soos om net jouself te wees, bied Ali Segel in die Cosmpolitan ander wenke vir aanlyn liefde: Fokus op kwaliteit, eerder as kwantiteit, wees dit wat jy soek, wees eerlik en opreg; maak die oorskakeling van aanlyn tot in persoon so gou as moontlik, ensomeer.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hele waarheid is: soms is maskers nodig om ons te beskerm. S\u00f3 ook is teenliggampies nodig om gevaartekens te identifiseer; dit maak ons slimmer en help ons op die regte liefdespad. Al vervang GIF\u2019s, \u201cstickers\u201d en foto\u2019s soms ons woorde, kan niks die intimiteit van \u2018n koffie afspraak wen nie. Elke boer, vis, pot en lui-Jan, verdien \u2018n hele waarheid\u2026<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert die Covid-10 pandemie sy verskyn gemaak het, word alle terme gebonde aan die woord \u201cnormaal\u201d, onder inspeksie geplaas. Slegs halwe gelaatstrekke word vertoon, en dit is normaal.  Deur An\u00e9 Janse van Rensburg<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":3426,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[16,34,27],"tags":[],"class_list":["post-3425","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-articles","category-future-authors","category-schoolscharity"],"featured_image_urls":{"full":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1.jpg",819,1024,false],"thumbnail":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-150x150.jpg",150,150,true],"medium":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-240x300.jpg",240,300,true],"medium_large":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-768x960.jpg",640,800,true],"large":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1.jpg",640,800,false],"1536x1536":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1.jpg",819,1024,false],"2048x2048":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1.jpg",819,1024,false],"magazine-7-slider-full":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-819x1020.jpg",819,1020,true],"magazine-7-slider-center":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-819x897.jpg",819,897,true],"magazine-7-featured":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1.jpg",819,1024,false],"magazine-7-medium":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-720x380.jpg",720,380,true],"magazine-7-medium-square":["https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/871e394f-acb0-49c4-a6a2-cb2d3794a4e1-675x450.jpg",675,450,true]},"author_info":{"info":["TheLife Team"]},"category_info":"<a href=\"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/category\/articles\/\" rel=\"category tag\">Articles &amp; Advertisers<\/a> <a href=\"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/category\/regulars\/future-authors\/\" rel=\"category tag\">Future Authors<\/a> <a href=\"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/category\/articles\/schoolscharity\/\" rel=\"category tag\">Schools and Charity<\/a>","tag_info":"Schools and Charity","comment_count":"0","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3425","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3425"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3425\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3427,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3425\/revisions\/3427"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3426"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3425"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3425"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.thelife.digital\/tl\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3425"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}